Verpilde Tiffany Tef: Jou beste belegging vir optimale hooiproduksie

In enige boerderysisteem waarby vee betrokke is, is die belangrikheid van kwaliteit ru-voer, hooi of selfs net ’n voerbank vir die onseker tye, krities. Verpilde Tiffany bied 'n koste-effektiewe en maklike hooigewas wat 'n groot opbrengs op belegging lewer. Met minimale insetkoste en onderhoud, lae aanplantingsrisiko, en uitstekende opbrengs, is Tiffany tef die ideale keuse vir produsente. Ontdek hoe hierdie vlagskip-hooi-variëteit, met sy unieke "Yellow Jacket Coating" -tegnologie, verseker dat jou vee altyd toegang het tot die beste kwaliteit voer.

 

Om hooi aan te koop wissel van R 2500 tot selfs R 3500 per ton afhangende van die kwaliteit, produksiearea en beskikbaarheid in die mark.  Hierdie kostes is soms onvermydelik, veral wanneer die onvoorsiene gebeur, soos wanneer natuurrampe die produsent onverwags betrap.  Voortydige beplanning en die daarstel van ‘n voerbank, juis vir krisistye, help met kontantvloei, aangesien enige voer geproduseer op die plaas, steeds goedkoper is as voer wat van buite af aangekoop word.  In situasies waar surplus hooiproduksie voor kom, stel dit die produsent instaat om ‘n verdere inkomstestroom, binne die boerderypraktyk te inkorporeer.

 

Tiffany is Barenbrug se vlagskip tef, wat die hoogste opbrengs vir die produsent lewer en is goed aangepas in  produksiegebiede dwarsoor Suid-Afrika. Die fyn stingels, met groot krone en baie spruite, asook die wortelsisteem is ekstensief en fyn, wat goeie staanvermoë en wateropname verseker.

Saaidigtheid van verpilde saad is 8-12kg per/ha in droëlandsisteme en 20-25kg per/ha in besproeiingsisteme. Opbrengste wissel van 5-15 ton per ha droëmateriaal afhangende van produksiesisteme, reënval, area asook bemesting en bestuur van snitte.

 

Tiffany se lang groeiseisoen maak dit meer tolerant vir droogtestres, wat beteken dat die plant nie dadelik pluim toe gaan met stremmingstoestande nie. ‘n Lang groeiseisoen beteken ook ’n verhoging in opbrengs, wat ander hooivariëteite klop. Dae tot eerste snit is vinnig en tussen-snit-intervalle is ook kort a.g.v. vinnige herstel van die variëteit. Tiffany is ’n baie smaaklike en “sagte” C4 gras wat ook gewei kan word met groot sukses. Dit maak Tiffany ‘n uitstekende dubbel doel gewas, geskik vir wei asook sny.

 

Tiffany het die afgelope seisoen in verskeie produksiegebiede weereens bewys dat dit die beste tef variëteit op die mark is. Ten spyte van lae reënval in verskeie streke, het Tiffany steeds bo verwagting presteer en die boer met kwaliteit hooi die winter ingestuur. Die sukses van Tiffany is verseker sy langer groeiseisoen wat dit die beste tef variëteit maak vir wanneer die reën wegbly en wat vinnig weer in produksie gaan as die omstandighede positief verander.

 

Tiffany tef word behandel met Barenbrug se nuwe “Yellow Jacket Coating”- tegnologie, wat geformuleer is om saadkwaliteit en volhoubaarheid aan die produsent te verseker. Die bio-afbreekbare behandeling bevat geen bestanddele wat nadelig vir saadkwaliteit en ontkieming is nie. Nuwe polimeertegnologie en die kwaliteitbeheer in die behandelingsproses, sorg vir minder ongewenste residuele stof, asook uniforme saadgrootte wat verhoogde saad vloeibaarheid in die planters tot gevolg het.  Die verpilde saad is maklik sigbaar in die grond, wat saaddiepte bepaling vergemaklik en akkurate vestiging verseker.  Die bio-stimulante, wat ingesluit is in die behandeling, lei tot vinnige vestiging en beter oorlewing van saailinge in moeilike omstandighede.  Deurlopende kwaliteitbeheer, gerugsteen deur navorsing, verseker betroubare saadkwaliteit en gemoedsrus vir die produsent.

- Pieter Viljoen, “Ek plant nooit weer iets anders as verpilde Tiffany saad nie” - Bloemfontein.

 

 

Vir maksimum hooiproduksie vra vir die geelsak en plant Tiffany, jou oplossing vir hooiproduksie!

  • Vir meer inligting kontak gerus vir Wicus Jordaan (Tegniese Bemarker) by 072 108 7033

 

Artikel geskryf deur; Wicus Jordaan en Yvette Brits