Die rol van Lankswenkgras, Kropaargras en Lusern in gematigde aangeplante weidings

In ‘n wêreld waar elke hektaar tel en die kondisies nie altyd perfek is nie, moet daar die beste gebruik gemaak word van elke moontlike hektaar landbougrond beskikbaar. Met warm somers, koue winters en onvoorspelbare reënval is dit nogal ‘n uitdaging om goeie weiding heel jaar lank te produseer. Lankswenkgras, kropaargras en lusern mag die antwoord wees om daardie uitdagings te oorkom, veral op marginale lande met matige grond vrugbaarheid.

 

Adremo kropaargras is ‘n baie konstante meerjarige gras met goeie droë materiaal opbrengs wat droë somer kondisies, matige grond vrugbaarheid en aanhoudende beweiding kan verdra. Die waarde van enige gras word bepaal deur hoeveel van dit geëet word en wat die voedingswaarde van die gras is. Adremo kropaargras is `n baie smaaklike gras met ‘n hoë voedingswaarde wanneer dit op ‘n jong ouderdom bewei word. Dit word gebruik om die groei en volhoubaarheid van permanente aangeplante weidings te verbeter. Adremo kropaargras groei op ‘n groot verskeidenheid grondsoorte van ligte sandgrond tot nat kleigrond. Die beste plek waar kropaargras sy volle potensiaal bereik is op lande waar daar moontlik droëtydperke verwag kan word. Met lae tot matige vlakke van stikstof toediening sal kropaargras steeds ‘n goeie opbrengs lewer. Adremo het beperkte wintergroei, maar toon baie goeie groei in die somer, wat dit ‘n uitstekende gras maak om in ‘n kombinasie met ander weidingsgrasse soos langswenkgras en raaigras te plant sowel as saam met lusern en klawers.

 

Apalona sagteblaar langswenkgras is ‘n meerjarige weidingsgras wat goed aangepas is by ‘n verskeidenheid van groei toestande. Indien goeie sorg met vestiging getref word, het hy homself bewys as die antwoord vir volhoubaarheid en goeie produksie in warm somer areas, koue winters en onder moeilike grondtoestande van droë tot water deurdrenkte areas. Sagteblaar lankswenkgras het ‘n baie goeie wortelsisteem en kan dus beweiding baie goed hanteer. Die plantjies word nie so maklik uit die grond getrek wanneer dit bewei word nie. Apalona is ‘n kontinentale tipe sagteblaar lankswenkgras met goeie somer opbrengs om daardie somer gaping in die voervloei te vul, maar is ook ideaal vir Mediterreense toestande. Apalona is spesiaal geselekteer vir merkbare fyner blare om die smaaklikheid te verbeter en sodoende die droë materiaal inname deur diere te verhoog. In ‘n kombinasie met lusern, klawers en kruie soos Commander sigorei verseker dit ‘n baie konstante en volhoubare gemengde aangeplante weiding.

 

BAR 7 lusern is ‘n winter aktiewe dormansie sewe lusern wat ‘n goeie weiding reg deur die jaar verseker. Dit is aangepas by ‘n wye reeks toestande en bied goeie opbrengs in koue, nat toestande waar lusern normaalweg sukkel, sowel as in warm, droë toestande. BAR 7 het ‘n baie goeie blaar tot stam verhouding wat dit baie smaaklik maak vir diere en sodoende verseker dit ‘n beter inname deur die diere. Lusern is ‘n uitstekende komponent om by te sit by jou aangeplante weidings aangesien dit ‘n peulgewas is met ‘n diep penwortel sisteem wat vog baie goed laer af in die grondprofiel benut waar dit buite bereik is vir gras wortels. In tye en toestande waar die gras komponent mag sukkel sal lusern steeds ‘n goeie voervloei verseker. In kombinasie met grasse en kruie verseker dit ‘n goeie, gebalanseerde dieet vir die diere.  

In uitdagende kondisies en op marginale lande waar raaigras gewoonlik sukkel, is Adremo kropaargras, Apalona sagteblaar lankswenkgras en BAR 7 lusern die antwoord tot ‘n volhoubare weiding reg deur die jaar.

Francois – Tegniese bemarker in die Oos Kaap: 066 198 9310