Commander verpilde Sigorei – Die onmisbare WENNER in jou weidingsmengsel!

Sigorei is vandag `n onuitlaatbare komponent vir aangeplante weidings vir melkbeeste, vleisbeeste en skape. Omtrent in elke melkery se weidingsplatform gaan jy Sigorei aantref en die rede is eenvouding. Sigorei is `n geharde plant wat konstant hoë kwaliteit voer produseer en uitstekend groei met `n verskeidenheid van gewasse soos raaigras, klawers, langswenkgras en lusern

 

Sigorei is baie aktief in die somer-, lente- en herfs maande, maar Commander is ook winter-aktief, wat goeie groei heeljaar verseker. Sigorei floreer in vrugbare, goed gedreineerde gronde en het `n water behoefte van >550mm  per jaar. Dit het `n penwortel stelsel wat verseker dat die plant redelik droogte bestand is met `n produktiewe leeftyd van 2 tot 3 jaar. Commander vestig baie vinnig en het vinnige hergroei na elke beweiding, dus is sigorei die ideale komponent om deel te maak van intensiewe weidings-mengsels waar vinnige groei vereis word. Sigorei pas perfek in `n weidings rotasie stelsel van 4 tot 6 weke en is `n blaarryke voerkrui wat baie goed reageer op stikstof toediening of in kombinasie met `n peulgewas.

 

Sigorei het baie klein saadjies wat `n fyn saadbed benodig vir suksesvolle vestiging. Saadplasing en saad diepte is uiters belangrik. Sigorei wil baie vlak geplant word. Omdat Sigorei hoofsaaklik saam met ander gewasse in `n mengsel gevestig word, word die saad vooraf met ander saad soos raaigras, klawer en in meeste gevalle met lusern vermeng. Die saadmengsel word dan in dieselfde planterbak gegooi om die plant aksie te vergemaklik. Die uitdaging is dan om die perfekte plantdiepte asook goeie verspreiding van die verskillende sade oor die aanplanting te kry wat dan op sy beurt swak opkoms en oneweredige verspreiding van die sigorei saad tot gevolg kan hê.

 

Barenbrug se “Yellow Jacket” Saad tegnologie maak dit vir die boer makliker om hierdie uitdagings te oorkom. “Yellow Jacket” is omgewingsvriendelik en bio-afbreekbaar. Dit is gefokus op volhoubare saad verbetering en top gehalte produksie wat beter ontkieming en sterker plante tot gevolg het.  

 

Commander Sigorei wat verpil is met die “Yellow Jacket” Saad Tegnologie bied vir die boer vele voordele. Dit word makliker raakgesien in `n saadmengsel, sodoende verseker dit dat die saad goed vermeng is voordat dit geplant word. Goed vermengde saad gee dan aanleiding tot goeie verspreiding van die saad en `n meer eweredige stand van sigorei. Die verpilde Sigorei is ook makliker sigbaar in die grond om korrekte saad diepte te bepaal. Indien die saad beter geplaas en op die regte plant diepte geplant word verseker dit `n beter opkoms en stand. Die verpilde saad is meer uniformig in vrom en grootte wat die vloeibaarheid van die saad in die planter verbeter en die plantproses vergemaklik. Die polimeertegnologie waarborg ook dat die verpilde saad minder stof afgee tydens hantering. Deel van die “Yellow Jacket” formulasie is `n swam- en insekdoder, wat geregistreerd is op voergewasse, om die saailinge op `n jong ouderdom te beskerm. Dit gee vir die boer verdere gemoedsrus.